CrimeNews

Konstruksiewerkers ontslaan na ongeluk

Met die impak van die ongeluk is Johannes Mothwa uit die bakkie geslinger.

Niemand is ernstig beseer in die ongeluk op die N4 vroeër die week nie.

’n Bakkie van Tibara Construction het Maandag 19 Maart op die snelweg omgeslaan nadat bestuurder beheer verloor het.

“Ek het gevoel hoe die sleepwa die bakkie begin ruk. Ek het alles probeer om die bakkie op die pad te hou,” het die bestuurder Winter Serelwa gesê.

LEES OOK:

Horrific accident claims 19 lives in eMalahleni

25 arrested for public violence during Kusile’s strike

Met die impak van die ongeluk is Johannes Mothwa uit die bakkie geslinger.

Ambulansdienste van ER24 en Legacy Emergency Specialist was vinnig op die toneel en het die beseerdes na plaaslike hospitale vervoer.

Hulle is almal reeds ontslaan.

Die konstruksiewerkers was op pad na Nelspruit van Pretoria af.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button