Begraafplaas te vuil vir gedenkdiens
Hy het bygevoeg dat die Old Pretoria Road begraafplaas deur die stadsraad skoongemaak is toe ’n ANC veteraan vroeër die maand oorlede is.
Mnr. Clive Hatch is deel van die MOTH’s en hy het die onderwerp van die toestand van ons begraafplase onder WITBANK NUUS se aandag gebring.
Die MOTH’s hou hul jaarlikse veteraan-gedenkdiens by Joubertsrus Begraafplaas in Lukinstraat, maar weens die vreeslike lang gras, moes diè diens na die MOTH woonstelle geskuif word op 4 Maart.
“Die stadsraad was reeds in Januarie in kennis gestel dat die diens by die begraafplaas gehou sou word, maar steeds kon dit nie opgeruim word nie, hulle kon nie eers die gras sny nie. Dit is ’n absolute skande dat die stadsraad geen respek het vir mense wat so belangrike rol in die ontwikkeling van ons stad gespeel het nie. Hierdie toestand is nie net vir bogenoemde begraafplaas nie, maar alle plaaslike begraafplase lyk so. Dit is tyd dat die stadsraad iets doen om ons trots te maak om hier te woon, tans is hierdie slegs ’n baie groot verleentheid vir almal wat die stad kom besoek,” het Hatch gesê.
LEES OOK:
Moths do their part to clean up cemetery
Cemetery needs yet another trim
Hy het bygevoeg dat die Old Pretoria Road begraafplaas deur die stadsraad skoongemaak is toe ’n ANC veteraan vroeër die maand oorlede is.
“Hoekom vat dit die dood van ’n belangrike ANC-figuur vir hulle om skoon te maak? Is dit omdat hoogwaardigheidsbekleërs hierdie geleentheid bygewoon het? Hoekom word alle begraafplase nie skoon en netjies gehou ten alle tye nie?” het Hatch ten slotte gesê.
