CrimeNews

PLAAS AANVAL: Boer tydens aanval gewond

Mnr. Nico Minnie het skietwonde opgedoen nadat hy slagoffer was van ’n plaasaanval.

Mnr. Nico Minnie het skietwonde opgedoen nadat hy slagoffer was van ’n plaasaanval.

Die aanval het Woensdag 28 Maart kort na 22:00 op die plaas Doornrug, Balmoral plaasgevind.

Minnie en sy vrou het die honde buite hoor blaf. Toe hulle gaan kyk wat skort, het skote geklap en twee skote is deur die huis, met ’n derde skoot wat Minnie gewond het. Die koeël het glo deur die badkamervenster getrek, wat hom in sy hand en skouer getref het.

LEES OOK

Paartjie op plaas aangerand

Aanvallers steeds op vrye voet

Volgens inligting het Minnie ’n flitslig vasgehou en by die venster uitgekyk of hy iets verdag opmerk.

Inligting dui ook daarop dat daar minstens drie aanvallers was wat met ’n groot geraas die huis probeer binnedring het.

Minnie se vrou het blitsvinnig hulp ontbied en die naaste bure het vinnig reageer waarna die aanvallers te voet gevlug het.
Vosman Polisie, lede van ’n reaksiespan en ook Legacy Amulansdienste was op die toneel om hulp te verleen.

WITBANK NUUS het ook in 2016 berig van die betrokke boer se pa, wat noodlottig gewond is op dieselfde plaas, ook as gevolg van ’n aanval op hul eiendom.

“Ek is geskiet, maar het behandeling ontvang en is nou weer okay,” het Minnie Woensdag, 4 April gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button