
’n Man het ’n vrou verkrag, wat hom glo geld skuld.
Sy het aan polisie vertel dat sy vir die man gesê het, sy sal die geld terugbetaal, maar die verdagte het glo vir die slagoffer gesê dat hy haar eerder saam met haar wil slaap.
LEES OOK
Die slagoffer het verder aan die polisie vertel dat hulle almal gesellig om ’n braaivleisvuur gesit het toe bogenoemde man haar na die bosse geneem het.
Hy het haar glo begin slaan, waarna sy gesê het hy moet net die geld vat wat sy hom nog skuld. Hy het geweier en haar op die grond neergedruk en verkrag.
Hy het glo daarna teruggegaan na die braai, maar het gevlug toe hy die polisievoertuig sien intrek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
