CrimeNews

Kar kry voete onder valse voorwendsels

’n Man is sy blou Avanza kwyt nadat hy dit by ’n besigheid parkeer het.

’n Man is sy blou Avanza kwyt nadat hy dit by ’n besigheid parkeer het.

Die slagoffer het aan polisie vertel dat hy dit by die maatskappy parkeer het waar hy en sy vriend werk, aangesien dit die volgende dag maatskappypplakkers sou opkry.

Die vriend het die slagoffer teruggeneem huis toe, op Maandag 26 Maart, aangesien die plakkers Dinsdag sou op wees.

LEES OOK

Kardiewe hou ‘kar’naval

Kar weg na hospitaalbesoek

Die slagoffer het aan die polisie vertel dat hy die gevoel gekry het hy moet gaan kyk of sy voertuig nog daar is.

Met sy aankoms, was die voertuig weg en die sekuriteitswag het glo gesê dat die slagoffer se vriend die voertuig kom haal het.

Die slagoffer het ook aan die polisie gesê dat hy nie die vriend in die hande kon kry voor die saak van diefstal geopen is nie.

Die voertuig se registrasienommer is CT 02 GG GP.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button