Local newsNews

Nooit te jonk om skelms te vang

Rosley Scheepers is slegs 11 jaar oud, maar vir misdaad skrik diè kaalvoetkind nie.

Rosley Scheepers is slegs 11 jaar oud, maar vir misdaad skrik diè kaalvoetkind nie.

Hy het gehelp om twee misdadigers vas te trek op Sondag 15 April, terwyl hy en sy ma verby ’n besigheid gery het.


Rosley Scheepers.

“Ons het op OR Tambostraat gedraai, vanaf die R555 af. In die linkerbaan was twee groot trollies en ek het so konsentreer om dit nie raak te ry nie. Terwyl ek bane verwissel het, het Rosley twee misdadigers gewaar goedere steel van ’n besigheid in bogenoemde straat. Hy het net geskree: mamma, hulle breek in!” het me. Maureen Scheepers vertel.

LEES OOK

SACCW doen dit weer

SACCW vang een verdagte na huisroof

Sy het gesê dat hulle aan die agterkant van die besigheid besig was, een man binne die besigheid se erf en die ander man buite, om metaal te vat wat die ander man vir hom gee. Maureen het bygevoeg dat hulle in die besigheid se drom besig was om afvalmateriaal uit te haal en dit waarskynlik in hulle trollies te sit.

“Hulle was besig om die goed oor die muur vir mekaar aan te gee en ek het in ’n ander straat ingedraai. Ek het vir die sekuriteit gesê dat hulle aan die agterkant besig is om te steel en intussen Hoëveldpark se lede geroep vir bystand. Johan Bekker het hulle voor Komatsu vasgekeer, maar een het in die R555 se rigting gehardloop en die ander een na Rand Carbide. Die eerste verdagte is in ’n nabygeleë veld gevang en die ander een deur JP Moore. Hulle is terug na die erf gevat, waar die misdaad plaasgevind het en die polisie is na die toneel ontbied,” het Maureen vertel.


Die verdagtes wat op 15 April gevang is.

Mnr. Steven King van die South African Community Crime Watch (SACCW) in KwaZulu-Natal het Maandag gesê dat dit belangrik is vir die jeug om betrokke te raak.

“Nie hul lewens in gevaar sit nie, maar in Rosley se geval was hy bewus van wat om hom aangaan en het dadelik sy ma laat weet van die misdrywe. Kinders moet nooit alleen iets aanvat nie, maar eerder iemand wat hul vertrou laat weet wat kan help. Ons wil vir outjies soos Rosley sê, knapgedaan. Dit is belangrik vir die jeug om te weet in watter wêreld hulle grootword en op die uitkyk te wees vir misdadigers,” het King bygevoeg.

Hy het gesê dat die beloning van R500 daar is om hom te bedank, en vir motivering vir homself en ander kinders.


Rosley Scheepers en Johan Korff.

Mnr. Johan Korff, bestuurder van die besigheid wil vir Rosley bedank, vir sy insette in die saak.

“Ons koop vir hom ’n rugbybal, hy moes kies wat hy graag wou hê en dit is waarvoor hy gevra het. Net om te sê dankie en as beloning vir sy heldedaad,” het Korff gesê.

“Mamma, ek weet nou hoekom mamma diè werk doen. Nou voel ek ook lekker. Ek voel dit in my bors,” het Rosley, trots gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button