Kar ‘parkeer’ tydens moterhandelaar vergadering
Werknemers van Eastvaal Ford in Mandelastraat het groot geskrik toe hulle aan die begin van die naweek “een groot slag” gehoor het, terwyl hulle besig was met ’n vergadering.

Werknemers van Eastvaal Ford in Mandelastraat het groot geskrik toe hulle aan die begin van die naweek “een groot slag” gehoor het, terwyl hulle besig was met ’n vergadering.
Die groot slag Vrydag 13 April was die gebreek van glas toe ’n Toyota Fortuner deur die vertoonvenster gebars het.
Ooggetuies het vertel dat die Fortuner eers teen ’n ander voertuig vasgery het in Mandelastraat en toe oor die paaltjies gery het, deur die motorhandelaar se venster.
LEES OOK
Fire trucks nowhere to be found in time of need
Eastvaal Motor City has done it again.
Mnr. Dean Athiemulam, handelaarhoof het Dinsdag 17 April gesê dat meer as helfte van die personeel in die raadsaal was vir ’n vergadering.
“Ons het net een groot slag gehoor en onmiddellik gedink dit is ’n ontploffing. Toe ons buite kom, het die Fortuner op die skouvloer gestaan en ons het besef wat aangaan. Almal het in skok na die gebeurtenis gestaar en ek het die polisie en paramedici ontbied. Ons het ook die man in die Fortuner probeer help tot paramedici daar aangekom het,” het Athiemulam gesê.

Die toneel waar ’n Toyota Fortuner deur Eastvaal Ford se venster gery het op Vrydag 13 April. (foto: Jessica-Lee Smith).
Niemand is in die voorval beseer nie. Beide Langamed Emergency Management en ER24 het hulp op die toneel verleen.
Reaksielede van die South African Community Crime Watch het ook bystand gebied tydens die voorval.
Die vermoede bestaan dat die bestuurder van die motor aan epilepsie ly en dat dit moontlik aanleiding kon gegee het tot die ongeluk.
