Die polisie ondersoek ’n saak waar ’n sewe-jarige kind in Klarinet ontvoer en glo seksueel aangerand is.
Die versorger van die kinders het vertel hoe twee gillende kinders na haar toe gehardloop het om te sê dat iemand hulle sussie gevat het.
Die kinders het gesê dat die mense wat die dogtertjie gevat het met ’n swart Golf gery het.
LEES OOK
13-jarige ‘vermiste’ dogter gevind
15-jarige glo deur dwelmhandelaars ontvoer
Die ma van die kinders is in kennis gestel en sy het die kind dadelik as vermis by Witbank Polisie aangemeld.
Die dogtertjie is later die dag by die huis terugbesorg toe iemand van die area haar glo in die pad sien ronddrentel het.
Die kind is na die hospitaal geneem vir ’n ondersoek en daar is bevind dat sy seksueel aangerand is, maar nie verkrag is nie.
’n Saak van seksuele aanranding is geopen en word tans deur die polisie ondersoek.
