Local newsNews

Dean se orrel is ongeskonde

Daar is geen waterskade aan die historiese versamelstuk nie.

Emosies het ’n paar note geraak toe Dean Herrick se geliefde Wurlitzer uiteindelik aan WITBANK NUUS gewys is.

WITBANK NUUS het Donderdag 27 April saam met mnre. Donald Mathavha (teaterbestuurder) en Leslie Ntuli van die plaaslike munisipaliteit se kuns, kultuur en sportdepartement diep onder die gange van die teater ingegaan opsoek na die orrel.

Dit is met verligting dat lesers meegedeel kan word dat die orrel nog steeds mooi behoue is.

Daar is geen waterskade aan die historiese versamelstuk nie.

Me. Nomsa Mazibuko van die Emalahleni Plaaslike Toerisme Organisasie het opgewonde gesê hierdie is ’n groot oomblik vir plaaslike toerisme.

“Dit is absoluut wonderlike nuus. Hierdie is deel van ons stad se geskiedenis en ons moet die koester vir ons nageslag,” het me. Mazibuko gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button