Twee verdagte mans het ’n leer en gereedskap weggedra, binne ongeveer drie minute.
Op Woensdag 18 April het twee mans die gereedskap uit mnr. Tommie du Rand se bakkie gesteel, wat voor ’n huis geparkeer was.
“My man was seker drie minute binne en gesien die spanner wat hy saamgevat het, gaan nie pas nie. Hy het uitgekom en gesien dat sy gereedskaptassie weg is. Sy leer is ook gesteel. Die vensters van die kap agterop die bakkie is verdonker, maar die mans moes hom dopgehou het. Hy het hulle in die area gesien toe hy stop,” het me. Andrea du Rand, Tommie se vrou gesê.
Sy het gesê dat dit ’n rooi gereedskaptassie is en ’n klein leer met ’n geel gedeelte bo.
’n Saak van diefstal is by die polisie geopen en word tans ondersoek.
Kontak die ondersoekbeampte, Adjudant Offisier Frans Rampedi 082 660 5579 op met enige inligting wat kan help die ondersoek.
