Ons Winkel het iets van alles onder een dak
Dit maak dat mense dan makliker wil weggee vir die winkel.
Solidariteit Helpende Hand se Mpumalanga-streek het die afgelope jaar bewys dat tweedehandse goedere iemand anders hoop kan gee.
Dit gebeur danksy die sewe skenkingswinkels in eMalahleni, Bethal, Ermelo, Secunda, Nelspruit, Middelburg en Bronkhorstspruit.
Hierdie skenkingswinkels staan bekend as, Ons Winkel en behalwe vir die skenkings wat verkoop word, kan behoeftige mense ook kwalifiseer vir hulp nadat hulle deur ’n asseseringsproses is.
Vir Helpende Hand is dit belangrik om nie net uit te deel nie, maar ons doen ’n behoorlike assesering om seker te maak daar waar ons hulp verleen, is ware nood teenwoordig.
Die winkel dien as werkskepping vir die person wat die winkel bestuur en uit die wins van die verkope stel Helpende Hand studiefondse beskikbaar vir kinders in die gemeenskap om te gaan studeer wat nie andersins ’n geleentheid sou gehad het nie.
Verlede jaar is daar genoeg fondse ingesamel deur die sewe winkels om 15 studente te help met ’n rentevrye studielening.
Dit sluit in ’n sielkundestudent, somatologie (skoonheid)-studente, ’n modeontwerpstudent, drie onderwysstudente, ’n elektriese ambag-student, ’n rekenmeesterstudent, ’n binnenshuise ontwerp-student, ’n ondernemingsbestuurstudent, ’n BA-student, ’n verpleegkundestudent, ’n ingenieurswesestudent en ’n sendeling op die Logos Hope Skip.
Om die Kerstyd nog meer spesiaal te maak, het die streek besluit om 30 persone se Kerswense te bewaaarheid.
Daar was tydens November en Desember 30 wense ter waarde van R1 000 elk gekies om die wens van ’n merkwaardige persoon waar te maak.
Ander maatskaplike hulp word ook aangespreek deur Ons Winkel.
Daar is kospakkies in die hele Mpumalanga-streek uitgedeel en 70 plakkerskampdames is bederf met toiletware in ’n pragtige handsak.
Om te dink dit wat in jou kaste of huis is wat jy nie meer gebruik nie, kan omgesit word in ’n studiefonds vir ’n kind.
Dit maak dat mense dan makliker wil weggee vir die winkel.
Enigiets is welkom, van klere, kombuisware, linne, meubels en speelgoed.
Kontak gerus vir Helene Schoeman: 082 891 9098 of maak ’n draai by Ons Winkel 18, Werseagebou, Jeanettestraat (agter Fruit en Veg).
