Mnr. Jimmy Brown sal vyf weke moet wag voor hy die man wat verdink word van sy pa se moord, in die oë kan kyk.
“Ek weet nie hoe ek voel nie. Ek wil vergewe, maar ek kan myself nie voorstel hoe my pappie aangerand is voor sy dood nie”
Jimmy sal op 18 Junie kans kry om die verdagte, ’n voormalige reservis, te sien.
LEES OOK
Burger moord – een getuie geroep
Twee gearresteer vir 68-jarige se moord
Jimmy se pa, mnr. James Frederick Brown is op 8 Julie 2008 deur sekuriteitsbeamptes van Shoprite glo met pepersproei gespuit en aangerand omdat hy ’n sjokolade gevat het en nie daarvoor betaal het nie. Hy het aan Alzheimersiekte gely.
Volgens die geregtelike doodsondersoek is iemand verantwoordelik vir sy dood en die staat het besluit om te vervolg.
Die voormalige reservis word anoniem gehou omdat hy nog nie gepleit het nie.
Hy word deur advokaat George Mashabane verteenwoordig.
