CrimeNews

Nege inbrake in een week vir Hoëveldpark, Die Heuwel en Modelpark

Inwoners van Hoëveldpark, Die Heuwel en Modelpark, loop deur onder inbrake.

Inwoners van Hoëveldpark, Die Heuwel en Modelpark, loop deur onder inbrake. Net die afgelope week is daar nege inbrake in die areas aangemeld.

Videomateriaal van ’n kleuterskool in Heidestraat wys hoe diewe verby ’n hek stap, terug sluip, oor die muur klim, na die karre toe seil en daar peuter.

Dit het alles Vrydagoggend, 18 Mei om 03:30 gebeur.

“Die swernote het een van die klimrame gevat, teen die kantoorvenster geskuif, opgeklim en die diefwering gebreek,” het me. Monica Fourie vertel.

“Die diewe het omtrent baljaar en onder andere rekenaarskerms, ’n rekenaar in ’n boks, ’n platskerm-televisie, geld asook koffie en melk gevat.”

LEES OOK

Huis inbrake seëvier

Vrou in nood wuif by venster

“Vrydagoggend was dit chaos by ons, maar ons het alles vervang; die venster, diefwering en die alarm, maar daardie aand toe is die swernote terug.”

Tydens ’n roetine ondersoek vroeg Saterdagoggend is dieselfde klimraam weer voor dieselfde venster gekry, maar dié keer kon die diewe nie inkom nie.

“Een van hulle het hulle tabak buite vergeet,” het Monica gesê.

Sekuriteit by die skool is opgeskerp.

Monica het gesê die kleuterskool se alarm is nagegaan en almal dra nou paniekknoppies.


Die twee mans is op videomateriaal vasgevang tydens ’n inbraak in Heidestraat Vrydag 18 Mei.

“Wat moet ons meer doen? Die skool is omring met elektriese draad, ons het sekuriteithekke, diefwering, alarm en kameras, wat moet ons nog kry?”

Polisiewoordvoerder, kapt Eddie Hall het gesê 46 inbrake, in vergelyking met 33 verlede jaar in dieselfde tydperk, regoor eMalahleni is die week aangemeld. Hy het gesê dat die moontlikheid van sindikate nie uitgesluit kan word nie.

“Die meeste van die inbrake het helder oordag plaasgevind,” het hy gesê.

Inwoners word gemaan om bedag te wees hul hekke en deure te sluit en alarms aan te sit.

As jy enige iets gewaar of die twee manne herken wat verdink word van die diefstal, skakel 013 655 5052 en rapporteer dit aan die polisie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button