
Die prysverhoging van brandstof is ’n maandelikse aanpassing vir voertuig gebruikers maar diefstal van brandstof verhoog weekliks in eMalahleni.
In die afgelope week is twee sake van brandstofdiefstal by die Witbank Polisiestasie aangemeld en laat vulstasie eienaars bekommerd.
“Die tipe diefstal is niks nuuts vir ons nie soos dit menige kere by talle vulstasies gebeur,” het die bestuurder van ’n vulstasie wat op 19 Mei die teiken van brandstofdiefstal was, gesê.
LEES OOK
Brandweer sê als was in orde tydens huisbrand
Voertuig gesteel en teruggekry
Op die dag van die voorval het ’n grys Volkswagen Polo by die vulstasie gestop en R400 se brandstof laat ingooi, net om na dit weg te jaag sonder om te betaal.
Die boodskap en ’n foto van die gesoekte voertuig is dadelik aan die South African Community Crime Watch (SACCW) gestuur.
Op 20 Mei is die voertuig uitgeken deur sy kenmerkende oranje spaarwiel en die eienaar van die voertuig vasgekeer. Dit het toe glo uitgedraai dat die eienaar nie tydens die diefstal met sy voertuig gery het nie.

Die voertuig wat op 19 Mei by ’n bekende vulstasie in Klipfontein weggery het sonder om vir brandstof te betaal.
Hy is polisiestasie toe waarop hy ’n klag gaan lê het teen die man wat wel met sy voertuig gery het ten tyde van die voorval.
Dis verder beweer dat die eienaar van die voertuig kontant aan die man wat die daad gepleeg het gegee het. In ruil vir brandstof wat glo op die verdagte se vulstasiekaart gekoop sou word.
Die ander vulstasie wat ook ’n teiken was van so voorval, wou nie kommentaar lewer nie.
“Hierdie voorvalle gebeur meestal net na verhoging in brandstofpryse,” het die bestuurder ten slotte gesê.
