
Die aksie was volstoom aan die gang nadat twee diewe ’n inwoner van Modelpark se skoene gesteel het.
Die diewe het Dinsdag, 29 Mei oor ’n hoë muur van ’n huis in Bethalstraat gespring en die skoene wat die huishulp gewas het, gesteel.
Me. Sina Mthimunye, een van die huishulpe wat skuins agter die huis bly, het die diewe gesien en dadelik vir me. Esther Tshingana gebel en gesê sy moet in die huis bly want die ‘tsotsi’s’ is in die erf.
LEES OOK
Video: Dief steel kamera uit voertuig
Wandeling deur die winkel voor hy steel
Tshingana se werkgewer, mnr. Gabriel Ackerman was minute na die buurtwag op die toneel en gesê sy Solomon tekkies en Cat boots is gesteel.

Me. Esther Tshingana is getraumatiseerd nadat diewe haar werkgewer se skoene gesteel het.
Die buurtwag was reeds in die area besig om die diewe te soek en het Ackerman se skoene gekry. Dit was naby die vlei agter Bethalstraat neergegooi.
Daar is egter geen verdagtes gearresteer nie.
