Local newsNews

Oupas bederf met rugby en ietsie op die kole

Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak het besluit om ses oupas van die Moth Cottages te gaan bederf op Loftus.

Wat is nou lekkerder as om rugby op ’n stadion te gaan kyk? Die atmosfeer is iets wat jy net nie kan beskryf nie. Vroeër jare voor DSTV, moes die manne maar stadion toe om rugby te gaan kyk en hul span te ondersteun.

Vandag kan jy in die gemak van jou sitkamer op jou geliefkoosde leunstoel sit en rugby kyk.

Solidariteit Helpende Hand Witbank-tak het besluit om ses oupas van die Moth Cottages te gaan bederf op Loftus.

Die president van die Blou Bulle rugbyunie, Willem Strauss, was opgewonde om saam met die manne te kuier en rugby te gesels. ’n Stukkie van sy hart lê nog in eMalahleni waar hy voorheen nou betrokke was by die Mpumalanga Rugbyunie.

Hy het 14 kaartjies beskikbaar gemaak vir die internasionale wedstryd, Bulle teen die Brumbies op 26 Mei.


(Voor) Willem Strauss (president van die Blou Bulle), (middel) Michelle Viljoen (Helpende Hand Witbank Tak voorsitter), Wollie Badenhorst, Sonja Bester (Helpende Hand Witbank Tak tesourier), Hendrik Nel, Johnny van Aarde, Jack Strumpher, Simon Mnune; (agter) Charlie Glen en Machiel Lourens (Helpende Hand vrywilliger).

Ongelukkig moes die Bulle die knie voor die Brumbies buig. Dit het darem glad nie die demper op die dag se uitstappie geplaas nie.

“Dankie aan elkeen van ons borge wat die braaipakkies, wors, koeldrank en vervoer verskaf het. Julle is die hartklop van ons projekte en ons is innig dankbaar vir jul bereidwilligheid om altyd te help,” het Michelle Viljoen (Helpende Hand Witbank Tak voorsitter) gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button