
Rowers steel tans alles wat hulle hul hande kan oplê; van gereedskap tot sertifikate.
’n Man is sy gereedskap kwyt na hy in die onderdorp gewag het. Hy het aan polisie vertel hoe hy in die SBD (Sentrale Besigheidsdistrik) gery het en byna stilgestaan het weens die stadige verkeer.
Twee onbekende mans het na hom geloop, een met ’n vuurwapen en het aan beide kante van die voertuig gaan staan.
’n Gereedskaptas was op die sitplek met ongeveer R40 000 se gereedskap daarin. Die verdagtes het dit gevat en is weer te voet daar weg.
LEES OOK
Beroof van juwele in die onderdorp
Vermiste vrou (53) dood in voertuig gevind
Op Woensdag 30 Mei, omstreeks 12:30, was ’n man besig met werk toe hy ’n geluid voor in die erf hoor. Hy het verduidelik dat dit klink soos ’n hek wat oopgemaak word.
Hy het gaan ondersoek instel en drie mans gesien, een met ’n vuurwapen en vir die slagoffer gesê hy moet plat lê en nie weghardloop nie.
Die verdagte mans is by die kombuisdeur in en toe die alarm afgaan, soos blits weer uit. Die slagoffer het gesien hoe hulle ’n televisie uitdra, maar na verdere ondersoek het hy gesien dat die sakke wat die mans in hul besit gehad het, sertifikate in gehad het.
Die slagoffer het hulp gaan vra by die buurvrou nadat die verdagte mans weg is in ’n wit Kia.
Beide sake word steeds deur die Witbank Polisie ondersoek nadat sake hier geopen is. Geen arrestasies is nog in dié verband gemaak nie.
