
Die Steenkoolstad is bekend vir gewapende rooftogte, privatisering van eiendom en ook voertuie.
Die afgelope naweek was niks anders toe twee voertuie gesteel is nie. ’n Polo en ’n Gholf is in twee aparte voorvalle gesteel.
Op Sondag 3 Junie is ’n man sy Gholf kwyt na hy omstreeks 21:30 op pad na sy tuiste was in Old Coronation.
Hy het aan polisie vertel dat hy verby Pap en Vleis gery het toe ’n silwer BMW glo voor hom stop en drie gewapende mans uitspring en die vuurwapen glo op die slagoffer gerig het.
ALSO READ
Lives saved and vehicle recovered
Die slagoffer het ook vertel hoe die mans hom agter die kop geslaan het en ook uit die voertuig forseer het. Die verdagte mans is daarna met die Gholf weg.
In ’n ander voorval op 1 Junie is ’n Polo gesteel in Haigstraat. Die slagoffer het aan polisie vertel hoe hy uit sy voertuig geklim het toe drie mans hom glo aangerand het en hom terug in die voertuig in forseer het.
Die verdagte mans het ook saam die slagoffer in die voertuig geklim en ’n vuurwapen op hom gerig.
Die slagoffer het verder gesê dat die verdagtes met hom rondgery het tot verby ’n motorhandelaar en toe die slagoffer al die mense sien, hy die deur oopgemaak en uit die voertuig gespring het.
Die verdagtes is weg met die slagoffer se blou Polo TSI.
Beide sake word nog deur die polisie ondersoek en geen arrestasies is nog gemaak nie.
