Padgebruikers word gewaarsku teen ‘beplande’ ongelukke in die pad
Daar word al vir ’n geruime tyd beweer dat klippe en rotse met ’n doel in die middel van paaie gepak word om ongelukke te veroorsaak

Daar word al vir ’n geruime tyd beweer dat klippe en rotse met ’n doel in die middel van paaie gepak word om ongelukke te veroorsaak.
Die afgelope naweek was ’n insleepdiens-drywer ’n slagoffer van só gebeurtenis.

Klippe wat glo in die pad geplaas word om ongelukke te veroorsaak.
Op 9 Junie het Lindes Lubbe van ’n plaaslike insleepdienste op sosiale media vertel van die voorval wat plaasgevind het.
LEES OOK
Towing: Get it wrong and risk losing your vehicle!
“Insleeptrok wat vernietig word deur ander insleepdienste wat gulsig raak en klippe of rotse in paaie van eMalahleni plaas om ongelukke te veroorsaak en geld kan maak. Onskuldige mense verloor hulle lewens en dus gee ek ’n beloning vir enige inligting wat hierdie misdadigers kan help vang. Hierdie tipe insleepdienste gee ons ander ’n bitter slegte naam,” het Lubbe op verskeie platforms gedeel met foto’s van die skade aan sy seun se bakkie.
Kommentaar het gevolg waar menige inwoners hul stories ook gedeel het van soortgelyke voorvalle.

’n Insleeptrok was die slagoffer die afgelope naweek waar klippe in die pad gepak is om ongelukke te veroorsaak.
“Ons as gemagtigde insleepdienste waarsku die motoriste dat as hul betrokke raak by ’n ongeluk, moet die drywer as hy kan, sy versekering bel en seker maak dat die insleepdienste op die toneel gemagtig is by die versekering om die voertuig weg te sleep,” het ’n insleepdiens eienaar van eMalahleni gesê.
