Local newsNews

#Helpjag vat vinnig vlam

Dié skenking van Neo-Doxa se jeug (anonieme persoon) dra by tot die kosblikprojek wat bogenoemde skool doen.

Solidariteit se Helpende Hand vat beslis die bul by die horings met hul skenkings aan minderbevoorregtes.

Op Donderdag 31 Mei, het Laerskool Klipfontein ’n wildebees ontvang om vir behoeftige kinders kos te voorsien.

Dié skenking van Neo-Doxa se jeug (anonieme persoon) dra by tot die kosblikprojek wat bogenoemde skool doen.

Hierdie vorm deel van Helpende Hand se #Helpjag-projek. Hier vra Helpende Hand vir jagters wat gaan skiet, om een ekstra bok te skiet vir behoeftige kinders.

Die reeds bewerkte vleis wat aan bogenoemde skool voorsien is, gaan aan behoeftige leerders van die skool en ook kleuters van Kielekrankie.

Só bok wat aan behoeftige kinders geskenk word, kan kinders van proteïne voorsien vir ongeveer ’n maand.

Die vleis is reeds bewerk en kan nou net vir die kinders voorgesit word deur Jordaux Ackermann, wat verseker dat die kinders se magies daagliks gevoed is.

Die skool bedank almal wat betrokke was by die skenking en verseker dat talle kindermagies nie honger sal gaan nie.

Vir meer inligting oor die projek, gaan besoek www.helpjag.co.za en ook hoe om hierby betrokke te raak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button