Kapers skiet eers waarskuwingskote
Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die voertuig is steeds vermis.

Inwoners en padgebruikers word deesdae daagliks gewaarsku oor die erns van kapings in eMalahleni.
Die afgelope week is daar een saak van ’n kaping by die Witbank Polisiestasie gaan open na die slagoffer sy voertuig kwyt is.
Op 7 Junie het die slagoffer glo in Voortrekkerstraat gestaan en wag vir van sy vriende.
Saam hom in sy blou Volkswagen Polo het nog twee vriende gewag toe daar ewe skielik in die donker ’n geweerskoot reg langs die drywer afgaan.
“My kar was gesluit en my vensters was toe, maar toe ek opkyk, sien ek drie gewapende mans om my kar,” het die anonieme slagoffer gesê.
Dis glo na die drywer en sy vriende die booswigte gesien het dat sy venster gebreek is. “Met die wat hulle my venster met die geweer oopgebreek het, het ek oorgegee en gevlug uit my voertuig uit,” het hy gesê.
Die slagoffers het na die naaste vulstasie gehardloop en dadelik die polisie in kennis gestel oor die voorval.
Geen verdagtes is in hegtenis geneem nie en die voertuig is steeds vermis.
