DBV byna in gedrang deur veldbrand
’n Veldbrand by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is net betyds geblus, voor dit die diere se lewens in gevaar kon stel.

’n Veldbrand by die Dierebeskermingsvereniging (DBV) is net betyds geblus, voor dit die diere se lewens in gevaar kon stel.

Wouter Wassenaar besig om die veldbrand by die DBV te blus.
Op Donderdag, 14 Junie, het ’n veldbrand uitgebreek, waarvan die oorsaak steeds nie bekend is nie.
Piet en Wouter Wassenaar wat op Seekoeiwater-plotte woonagtig is, is in kennis gestel van die brand en het uitgegaan om te help.

Die veldbrand by die DBV verlede week.
“Die plotte is naby die DBV, so ek het hulle gekontak toe ek hoor daavan,” het Maureen Scheepers, operasie koördineerder gesê.
LEES OOK
Huis brand af wyl gesin met vakansie is
Vrou kritiek na brand haar oorval
Piet het gesê dat hy en sy seun saam met die brandweer gehelp het om die vuur te blus.
“Twee van die DBV se mense was ook daar, besig met die veldbrand,” het hy gesê.
Me. Carika Roux van die DBV het Maureen, die SACCW (South African Community Crime Watch), Piet en Wouter, asook die brandweer hartlik bedank.

Die veldbrand by die DBV verlede week.
“Ons is dankbaar dat hulle ons in so kort tyd, so vinnig kon help en dat hulle skade verhoed het aan ons diere en eiendom. Ons personeel en raadslede waardeer dit uit die diepte van ons harte.”
