Bakkie deur muur tydens ongeluk
’n Nissan bakkie het met ’n muur ontmoeting gemaak nadat ’n ongeluk in Greenhillstraat plaasgevind het.

’n Nissan bakkie het met ’n muur ontmoeting gemaak nadat ’n ongeluk in Greenhillstraat plaasgevind het.
Mnr. Gavin Gates, ondervoorsitter van die Hoëveldpark buurtwag het gesê dat motorbestuurders in woongebiede by die spoedgrens moet hou. Dit volg na die ongeluk op Donderdag, 28 Junie, waarin ’n BMW en ’n Nissan bakkie met mekaar gebots het.

Die Nissan bakkie deur ’n huis se muur in Greenhillstraat op Donderdag, 28 Junie.
Die bestuurder van die BMW, me. Lynette Kruger het Dinsdag 3 Julie gesê dat sy op die draai gestaan het en die bakkie van bo in die pad gekom het.
LEES OOK
Massiewe ongeluk op pad van die dood
“Ek het by die stopstraat gestaan om in Greenhillstraat in te draai. Ek wou draai maar het gebriek toe ek die bakkie van bo af sien kom. Die bakkie het uitgeswaai en is teen ’n ander inwoner se muur vas,” het Kruger gesê.
Die vermoede bestaan ook dat die bestuurder van die Nissan beheer oor die voertuig verloor het en kon nie die botsing teen die muur voorkom nie. Hy was nie beskikbaar vir kommentaar teen druktyd nie.

Die ongelukstoneel in Greenhillstraat tussen ’n BMW en ’n Nissan bakkie op Donderdag, 28 Junie.
Daar word ’n beroep op inwoners gedoen om by die spoedgrens te hou en bedag van jou omgewing te wees ten alle tye.
