Local newsNews

Ogies inwoners vat Glencore aan in Hooggeregshof

Inwoners van Ogies hou asem op in afwagting vir regter Robert la Grange se uitspraak oor wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verval van die dorpie.

Inwoners van Ogies hou asem op in afwagting vir regter Robert la Grange se uitspraak oor wie verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verval van die dorpie.

Op Donderdag, 1 November het adv. Zehir Omar in die hooggeregshof in Johannesburg die klein gemeenskap se pleidooie voor die hof gelê in die saak waartydens die Distressed Mining Community of Ogies teen die mynreus Glencore te staan gekom het.

“Hierdie is niks anders as grondvergrype wat deur regeringsdepartemente ondersteun word nie,” het Omar gesê.

Die Distressed Mining Community of Ogies het die hooggeregshof versoek om Glencore met ’n strukturele interdik te dwing om wetgewing na te kom en hul menseregte te respekteer.

“As Glencore dit nie kan doen nie, moet hulle die gemeenskap uitkoop,” het Omar gesê.

Omar het aangevoer dat die myn hul oopgroefsteenkoolmyn sowat 1km van die dorpie se voorstoep af bedryf.

Omar het die myngroep se dinamietskietery bevraagteken en gesê dat die myn die riglyne wat hulle self opgestel het verontagsaam deur na 19:00 in die aand ook te skiet.

LEES OOK

Family wants mine to honour agreement

Community members march to Glencore, Goedgevonden Mine

Hy het ook gesê dat die myn die voorgeskrewe desibels oorskry.

“Al wat die applikante wil hê is dat die myn by die standaarde hou wat hulle vir hulself daar gestel het.”

Die gemeenskap voer aan dat die skietery deur die myn veroorsaak dat die mure van hul huise kraak, die stof gaan lê soos ’n kombers oor die dorp en mense word daarvan siek en drinkwater word besoedel.

Die skool lei ook onder die myn se bedrywighede. Die skoolgebou se mure is gekraak en die gebou is onveilig vir leerders.

Omar het emosionele geword toe hy gesê het die moskee sowel as sommige besighede is reeds deur die mynbedrywighede beskadig.
Volgens hom het die myn reeds in 2014 onderneem om die moskee, kliniek en skool te verskuif.

“Die gemeenskap kry geen samewerking van die regeringsdepartemente by wie hulle klagtes teen Glencore aanhangig gemaak het nie, dus het hulle geen keuse as om hulself na die hof te wend nie,” het Omar gesê.

Adv. Azhar Bham, wat namens Glencore optree, het gesê die beskuldigings is ongegrond.


Adv. Zehir Omar het gevra dat die mynreus Glencore inwoners van Ogies uitkoop.

Hy het genoem dat elke dinamietskietery aangeteken word en het gesê die myn oorskry nie die aanvaarbare nasionale standaard van 135 desibels nie. Hy het ook genoem dat die myn net tussen 07:00 en 19:00 skiet.

Hy het die verskille tussen grondvibrasie en die geluid wat voorkom as daar dinamiet geskiet word, uitgewys en gesê daar is seismograwe om die dinamiet skietery te monitor.

Bham het ook gesê dat die myn eksperte ingekontrakteer het om die geraasvlakke en stof te monitor.

“Die gemeenskap bestempel hulself nou as ’n ‘moniteringskomitee’ terwyl daar staatsamptenare is wat hierdie funksie vervul,” het Bham gesê.

Regter La Grange het Bham daarop gewys dat die gemeenskap hul juis na die hof wend omdat die amptenare skitter in hul afwesigheid.

Die regter het gesê die saak is een van die grootstes waarmee hy in sy termyn as regter te doen gekry het en sy uitspraak voorbehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button