Local newsNews

AfriForum se #OnsDorp-veldtog beveilig OR Tambostraat

Die AfriForum-tak in Witbank het oor die afgelope paar weke 30 nuwe chevrontekens, twee nuwe hoëspoedgevaartekens en 87 retroreflekterende opwaartse merkers (katoë) op die draai van OR Tambostraat in Witbank aangebring.

Die AfriForum-tak in Witbank het oor die afgelope paar weke 30 nuwe chevrontekens, twee nuwe hoëspoedgevaartekens en 87 retroreflekterende opwaartse merkers (katoë) op die draai van OR Tambostraat in Witbank aangebring.

Dit is ’n gevaarlike draai waar talle ongelukke reeds plaasgevind het. Sommige van die padtekens was weg of nie meer sigbaar nie en daarom het die Witbank-tak ingegryp.

LEES OOK

AfriForum Witbank-tak oorhandig wenslys aan munisipaliteit

AfriForum verf spoedhobbels

Die projek het AfriForum se Witbank-tak na beraming R25 000 gekos en vorm deel van die burgerregte-organisasie se #OnsDorp-veldtog wat daarop gemik is om probleme in dorpe aan te pak deur dit self reg te maak en sodoende ’n daadwerklike verskil in mense se lewens te maak.


Johannes Vermeulen by een van die hoëspoedgevaartekens wat deur AfriForum in OR Tambostraat opgerig is.

“Die plaaslike munisipaliteit bly in versuim om die nodige instandhoudingswerk aan Witbank se infrastruktuur te doen en daarom het AfriForum se Witbank-tak besluit om hierdie projek aan te pak. Die tak beplan ook om spoedhobbels en voetoorgange, waarvan die verf al verbleik het, oor te verf,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button