Local newsNews

VIDEO – ‘Koebaai, ou vriend’

Êrens op ’n goue snelweg is Danie Smith besig om die teer te laat sing onder sy motorfiets se wiele.

Êrens op ’n goue snelweg is Danie Smith besig om die teer te laat sing onder sy motorfiets se wiele.

Vrydag, 16 November het sy motorfietsvriende die laaste keer koebaai kom sê aan die rooikop wat hul liefde vir motorfietse met hulle gedeel het.

LEES OOK

Bekende motorfietsryer los groot leemte

Motorfietsongeluk laat baie vrae
Smith se seun, Juan het in ’n roerende afskeid aan sy pa gesê hy in nie kwaad omdat die ongeluk met sy motorfiets gebeur het nie.

“Ek weet pa sou dink ek is kwaad, maar ek sou dit nie anders wou hê nie.”

Toe die stoet by die kerk uitry, het die gebrul van motorfietse deur die lug geklief, ’n laaste groet aan ’n man wat almal vriend genoem het.


Oppies Opperman het langs sy vriend, Danie Smith se kis gesit en ’n gebed gedoen.

Die diens was by die Pinkster Protestante Kerk Mooi Hawens deur pastoor Bertus Luus gelei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button