‘Die Here voorsien elke dag’
Jan-Hendrik Olivier, (29) begin elke oggend met ’n gebed op sy knieë voordat hy die strate invaar op soek na iets om te eet.

Jan-Hendrik Olivier, (29) begin elke oggend met ’n gebed op sy knieë voordat hy die strate invaar op soek na iets om te eet.
“Ek vra die Here om vir my te voorsien, ek maak staat op Hom,” sê die man wat die strate van eMalahleni die afgelope vier maande huis noem nadat hy vanaf die Kaap, waar sy vervreemde vrou en 10-jarige dogtertjie woon, hierheen gekom het.

So kry jy Jan-Hendrik Olivier (29) elke oggend op sy knieë waar hy bid vir ’n geseënde dag langs die pad waar hy staan en bedel. (Foto: Samantha Traill).
“Ek glo die Here gaan my help met ’n werkie iewers sodat ek weer op die been kan kom. Al is ek op die straat, is ek so ‘gebless’ die Here voorsien vir my, ek gaan slaap nooit honger nie.”
Die heel beste geskenke kan nie ’n pryswaarde hê nie, maar ’n vriendelike glimlag is dalk al wat iemand vir kersfees wil hê, soos Jan-Hendrik.
