Local newsNews

Vullis neem oor en geen dienslewering in sig

’n Inwoner van Paulstraat in Del Judor het woedend aan die WITBANK NUUS se deur kom klop na vier weke se vullis opgehoop het

Van die munisipaliteit se kant af verwag inwoners dienslewering maar word deesdae in die gesig gevat met geen dienslewering nie.

Van water wat tot vier dae aan een af is in sommige areas in eMalahleni tot vier weke se vullis wat ophoop in ander areas, verbeter die aanhoudende swak diens van die munisipaliteit geensins nie.

’n Inwoner van Paulstraat in Del Judor het woedend aan die WITBANK NUUS se deur kom klop na vier weke se vullis opgehoop het voor hul kompleks.

Die ophoping van vullis in Paulstraat.

“Die stank is iets om van naar te word wat nog van die gemors wat oral rond waai,” het sy gesê.

Na ’n hele maand se sukkel het die munisipaliteit se vullistrok hul verskyning gemaak maar ook net op voorwaarde gewerk.

“Toe hulle op 8 Januarie hier opdaag het hulle vir my uitdruklik gesê hulle kom net die swartsakke oplaai en dat die gemors wat nou oor die weke deur honde en verbylopers oopgeskeur is net so gelos gaan word,” het sy kwaad bygelas.

“Wat staan die inwoner te doen as dit so gebeur?”

Is aan die munisipale woordvoerder Lebo Mofokeng gevra.

Ongelukkig is geen kommentaar terug verkry voor druktyd nie.

Alle inwoners word aangeraai om hul vullissakke op die geskeduleerde dag uit te sit en as die vullis nie op daardie dag opgetel was nie, hulle dit weer terugneem tot die volgende week.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button