Hoërskool Generaal Hertzog se leerders het soos in die ou dae interhuis atletiek gehou.
Drie spanne, die Potgieters, Van Rooyens en Hattinghs het om die louere meegeding op 15 Januarie.
Die dag het besonderse prestasies gelewer en was met goeie gees gevul.
Topatlete van die dag sluit in:
Cheyanne Ensor met dogters o.14 hoogspring (903 ABSA tabel punte), Omolemo Molefe met dogters o.15 hoogspring (858 ABSA tabel punte) asook Gift Sibanyoni met seuns o.15 100 m (838 ABSA tabel punte).
Hertzog het op 18 Januarie Standerton en Volkskool Heidelberg ontvang vir die jaarlikse vriendskaplike byeenkoms.

Ongelukkig het hierdie byeenkoms uitgereën en kon al die atlete nie die kans kry om kragte te meet nie.
Hoërskool Kanonkop was Vrydag, 25 Januarie, gasheer vir Hertzog en Curro Bankenveld tydens ʼn vriendskaplike massa-byeenkoms. Híér vaar HGH se atlete baie goed met uitstekende uitslae. Hertzog-atlete stap onderskeidelik met die volgende trofeë weg:
Beste junior seun veldatleet – Wernu Riekert (seuns o.15 skyfwerp)
Beste junior dogter veldatleet – Ntando Nkosi (dogters o.15 gewigstoot)
Beste senior dogter baanatleet – Kulekani Masombuka (dogters o.17 kort hekkies)
Junior Victrix Ludorum – Ntando Nkosi
Senior Victrix Ludorum – Anika Erwee
Hertzog sal aan nog een byeenkoms te Ben Viljoen deelneem ter voorbereiding vir die Interhoër wat op 16 Februarie in Volksrust aangebied word.
Die atlete is hard aan die werk en HGH sien uit na ʼn suksesvolle Interhoër.
