Local newsNews

Hoe gerieflik vir kwaaddoeners

Die gras in die straat is so lank, dit lyk soos ’n veld.

Die gras in Libertasstraat is amper so lank soos die lamppale wat tussen dit skuil.

Menige klagtes het na die WITBANK NUUS gekom van inwoners in Libertasstraat wat vrees vir hul veiligheid.

Die gras in die straat is so lank, dit lyk soos ’n veld.

“Die gras maak dit mos nou maklik vir skelms om daarin weg te kruip. Geen wonder hier is so baie inbrake in ons omgewing nie. Dit is gevaarlik,” vertel ’n inwoner van hierdie straat.

Die inwoners meen dat die munisipaliteit hul sokkies moet optrek en die gras in woongebiede in stand hou.

WITBANK NUUS het die plaaslike munisipalteit geskakel in verband met hierdie probleem maar geen terugvoer is ontvang nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button