Local newsNews

Tannie Marie is steeds in intensiewesorgeenheid

Theunissen is intussen weer op haar pos opgemerk by dieselfde verkeerslig waar die ongeluk plaasgevind het.

Dis al vier weke vandat ’n ongeluk op die OR Tambo- en Amsterdamstraat-kruising die lewe van mnr. Manie Venter geëis het.

Oom Manie is Dinsdag, 19 Februarie veras.

Sy vrou, me. Marie Venter is nog steeds in die intensiewesorgeenheid van Life Cosmos Hospitaal. Sy kon nie die verassing bywoon nie.

“Sodra my ma sterk genoeg is sal ons ’n roudiens vir my pa hou,” het mnr. Marius Venter, hul seun gesê.

Marius het gesê tannie Martie is stabiel en dit gaan elke dag beter.

Die Venter-egpaar se blou Kia is op Woensdag, 30 Januarie gestamp toe die bestuurder van ’n Toyota Quantum minibus ’n motor wat gestop het omdat die verkeerslig rooi was, aan die kant verbygesteek het.

Die minibus het vir ’n bedelaar, me. Dora Theunissen raakgery, uitgeswaai en die Venters se kar getref wat aan die teenoorgestelde kant van die pad ook by die rooi verkeerslig gewag het.

Die bestuurder van die minibus het reeds in die hof verskyn op aanklag van strafbare manslag.

Hy hou vol hy kan nie onthou wat tydens die ongeluk gebeur het nie.

Die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Theunissen is intussen weer op haar pos opgemerk by dieselfde verkeerslig waar die ongeluk plaasgevind het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button