Local newsNews

’n Bos rooi hare

Liné wou ook ʼn verskil maak in kinders met kanker se lewe

Van die dag wat Liné gebore is, het almal geweet haar spesiale bos hare sal iewers vir iemand iets beteken.

Liné de Jager, ’n graad vier leerling van Laerskool Klipfontein, het in Maart 2016 besluit om haar unieke rooi dik bos hare te laat groei om te skenk om vir kinders wat hul hare verloor het as gevolg van kankerbehandeling, pruike te kan maak.

Sy het dié besluit geneem omrede ‘n maatjie, Charles, van haar in Maart 2016 na ’n 11 maande stryd teen aggressiewe breinkanker oorlede is en sy hom sien swaar kry het.

Haar klein sussie, Karli, wat presies ’n week na sy begrafnis gebore is, is ook na die maatjie vernoem.

Liné wou ook ʼn verskil maak in kinders met kanker se lewe, aangesien ons die maatjie telkemale gaan sien het in die Onkologie afdeling van Unitas Hospitaal, en sy daar gesien het hoe baie maatjies swaar kry as gevolg van kanker.

Saterdag, 2 Maart, het sy twee poniesterte van 35cm elk geskenk.

Haar hart was baie seer en sy sê sy gaan haar lang hare baie mis – maar nie naastenby so mis soos die geliefdes wat kinders aan kanker verloor nie.

Sy is net bly dat sy ook ʼn verskil kan maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button