Local newsNews

By die dam met Midas

Die dam het ’n waterkapasiteit van 104 019 000 kubieke meter en het ’n oppervlakte van 1 211 hektaar en word gevoed deur die Olifantsrivier

Witbank Dam was gebou in 1971 om te dien as ’n watervoorsiener vir munisipale en industriële doeleindes in die gebied.

Die dam het ’n waterkapasiteit van 104 019 000 kubieke meter en het ’n oppervlakte van 1 211 hektaar en word gevoed deur die Olifantsrivier.

Witbank Dam op ’n Saterdag bly maar ’n salige ding.

Eddie en Sue Eagleton.

Op 2 Maart het Midas ’n pretdag en visvangkompetisie langs die dam gehou, binne in Maanlig Oord.

Midas is ʼn kleinhandelwinkel wat ontwerp was om aan die behoeftes van enige voertuigeienaar te voldoen, met ’n fokus op verskillende produkreekse; van motoronderdele en toebehore tot lewenstyltoerusting.

Ivan en Johan van Niekerk.

Dit was ʼn genotvolle dag met worsbroodjies, sonstrale, ’n koue ene met die “boys” en natuurlik watersport.

Die WITBANK NUUS het opgevang met al die wal-sitters en hulle “jolle” teen die water.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button