Local newsNews

Die duisendpoot-projek ’n reuse sukses by Kraggies

Die projek is geloods deur Solidariteit Helpende Hand en die klere wat ingesamel is gaan vir die organisasie se studiefonds by Die Winkel

Kinders vind duisendpote (shongololos) gewoonlik fassinerend en daarom was dit soveel pret vir leerders by Laerskool Kragbron om een te bou.

Die duisendpoot het Vrydag 8 Maart gestalte op die rugbyveld gekry soos hy gebou is met klere, linne kombuisgoed en sommer baie huishoudelike items.

“Die insek was uiteindelik 86 meter lank en die landsdiensleiers het in slegs twee pouses alles in sakke verpak. Ons kon toe die wurm op die veld uitstal,” het me. Melanie van der Hyde vertel.

Die projek is geloods deur Solidariteit Helpende Hand en die klere wat ingesamel is gaan vir die organisasie se studiefonds by Die Winkel.

Hulle daag alle skole en besighede uit om die langste wurm te maak. Laerskool Klipfontein het ook deelgeneem aan die projek op 26 Februarie.

Op Vrydag 15 Maart gaan Hoërskool Generaal Hertzog en die Hoër Tegniese Skool hul wurms bou.

Graag wil Helpende Hand ook die buurtwag bedank wat gehelp het om die wurm te vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button