Local newsNews

Boer doodgeskok

Jandré Bosman, (32) was besig by ’n watertenk op die plaas toe ’n leer aan oorhangende kragkabels geraak en hom doodgeskok het

Ongeloof heers nog in die Hoëveldse dorpie Ga-Nala na die dood van ’n bekende boer van die omgewing.

Jandré Bosman, (32) was besig by ’n watertenk op die plaas toe ’n leer aan oorhangende kragkabels geraak en hom doodgeskok het.

Dié fratsongeluk het Vrydag, 22 Maart op die plaas Nooitgedacht net buite die dorp gebeur.

Jandré laat sy ouers, André en Elana, twee broers en twee susters agter.

Daar sal Saterdag, 30 Maart, om 12:00 ’n informele gedenkdiens vir Jandré gehou word op die plaas.

Bel of WhatsApp vir Jaco Bosman: 072 443 5312 vir aanwysings na die plaas of vir verdere inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button