‘Hot pink’ haarsproei en kaal-kop laaities
Meer as 7 miljoen mense sterf jaarliks van kanker, waarvan 90 000 kinders is, en meer as 11 miljoen nuwe gevalle word jaarliks wêreldwyd gediagnoseer
Kanker maak meer mense dood elke jaar as vigs, tuberkulose en malaria gekombineer.
Volgens Globocan 2012 (die nuwe weergawe van die IARC se aanlyn databasis) was die wêreld se mees gediagnoseerde kankers wêreldwyd long (1.8 miljoen jaarlikse gevalle), bors (1.7 miljoen jaarlikse gevalle) en kolorektale (1.4 miljoen jaarlikse gevalle).

Meer as 7 miljoen mense sterf jaarliks van kanker, waarvan 90 000 kinders is, en meer as 11 miljoen nuwe gevalle word jaarliks wêreldwyd gediagnoseer.
As huidige tendense voortduur, sal nuwe gevalle van kanker tot 16 miljoen per jaar styg en meer as 10 miljoen mense sal jaarliks daarvan sterf.
Op 1 Maart het Laerskool Taalfees met KANSA bymekaargekom vir hulle jaarlikse ‘Shavathon.’

KANSA Shavathon is een van Suid-Afrika se geliefde gebeure ter ondersteuning van ‘n baie waardige saak; naamlik om solidariteit met diegene wat deur kanker geraak word te toon.
Om jou hare te verloor is ‘n algemene newe-effek van kankerterapie – dus het om jou kop te skeer ’n simboliese gebaar geword van ondersteuning vir kankeroorlewendes.
Om jou hare te kleur met neon-haarsproei of om “borgtog” te betaal is opsies vir diegene wat verkies om nie hulle kapsels af te skeer nie.

Laerskool Taalfees leerders en onnies het sommer al vroeg daai oggend na die sportveld gestroom om hulle ondersteuning vir die gebeurtenis te toon.
Hare het links en regs gevlieg, die son het weerkaats van menige kaalkoppe af en die borrelende gelag vanaf die sportvelde kon vir myle rond gehoor word.
