Local newsNews

Beurtkrag lok vermeende inbrekers

Met talle inbrake wat in daardie gebied die afgelope tyd gerapporteer

Vyf verskillende huise in een straat is deur booswigte wat honde vergiftig geteiken tydens beurtkrag die afgelope week.

“Ons het ons geliefde vierpoot-kindjie vroegoggend aangetref langs my seuns se kamervenster. Na verdere ondersoek het ons iets gekry wat soos maalvleis lyk met ‘two-step’ in wat heelwaarskynlik die vorige aand tydens beurtkrag oor ons muur gegooi is,” het me. Bernadine du Toit, net een van die vyf eienaars vertel.

Volgens verskeie inwoners in Reynorif en Ben Fleur lê die probleem by ’n leë huis wat in daardie spesifieke straat geleë is, “Die buurtwag en alarmdienste se sekuriteit gaan haal gedurig die boewe uit daardie huis uit, maar steeds kom hulle terug en dan is daar nog ’n leë huis op die hoek van die straat wat die diewe nou begin afbreek,” het sy gesê.

Met talle inbrake wat in daardie gebied die afgelope tyd gerapporteer is, het die South African Community Crime Watch (SACCW) se buurtwag die aand na die vergiftiging op 21 Maart die hele buurt gepatrolleer omdat dit duidelik was dat daardie gebied ’n teiken is.

“Ons het al juis so baie aanpassings gemaak met sekuriteit omdat ons al ’n paar keer onder diefstal deurgeloop het en nou nog ons geliefde hondjie ook moes verloor deur hulle,” het sy ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button