Local newsNews

Werkswinkel fokus op die hersaamgestelde-huwelik die naweek

Die prentjie van ’n hersaamgestelde-huwelik is dikwels kompleks en het sy eie uitdagings, veral vir die kinders

My kinders, jou kinders = ons kinders.

Die prentjie van ’n hersaamgestelde-huwelik is dikwels kompleks en het sy eie uitdagings, veral vir die kinders.

“As mens gesinstabiliteit bewerkstellig het dit gemeenskapstabiliteit tot gevolg,” meen die aanbieders van die My Hersaamgestelde-huwelik werkswinkel, Beginet.

’n Een-dag werskwinkel, wat ook as ’n huweliksverryking-seminaar bygewoon kan word, word Saterdag, 6 April deur Hennie en Linda Jansen en Deon van den Berg by die NG Kerk, Klipfontein-gemeente (Hans Strydomlaan 70, X16), aangebied.

Verrigtinge begin om 08:00 tot 18:00.

Kostes beloop R250 per paar, slegs op bespreking, en sluit ’n ligte middagete in.

Neem jou eie waterbottel saam vir die dag.

Die aanbied van die werskwinkel is ook ’n fondsinsamelingsprojek vir Xtreme Buddies, ’n nie-winsgewende organisasie wat hul daarvoor beywer om Christelike ondersteuning en nasorg bediening aan dwelmverslaafdes te lewer.

Bespreek jou plek by Xtreme Buddies: 082 448 2360 of by die kantoor (Hans Strydomlaan 53A, X16) of per e-pos by elize.banks@lantic.net.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button