Local newsNews

Man beroof en met mes gesteek in Hlanikahle

Hy het die sleutel uit die aansitter gegryp en ’n mes uitgehaal

’n Man wat skroot opkoop is verlede week in Hlanikahle geroof en met ’n mes gesteek.

Mnr. Rudi van der Linde het gesê dit is deur God se genade dat hy sy storie kan vertel.

Van der Linde en sy werker was Woensdag 27 Maart in Hlanikahle besig om skroot op te koop toe hy ’n groep mans in een van die hoofstrate sien staan.

“Ek het dadelik geweet iets is fout en ’n ompaadjie gery om hulle te probeer vermy,” het Van der Linde vertel.

’n Man het hom voorgekeer en gesê hy het skroot om te verkoop.

Die bestuurderskant se venster was ’n klein entjie oop en die man het sy hand ingedruk en die trokkie van binne af oopgesluit.

Hy het die sleutel uit die aansitter gegryp en ’n mes uitgehaal.

Van der Linde was nog besig om homself te probeer verdedig toe die groep mans wat hy vroeër gewaar het skielik om die trokkie saamgedrom het.

“Hulle was in en oor die trokkie en het my beursie agter die passasiersitplek gegryp, die note uitgehaal en die beursie teruggegooi.”

In die geharwar is Van der Linde in die hand gesteek en met ’n voorwerp oor die kop geslaan.

Van der Linde het gesê hy het een of twee van die rowers gebyt.

“Hulle wou net die kontant gehad het. Is ’n mens se lewe vandag werklik so min werd?” het Van der Linde gesê.

Hy het steke vir ’n wond op sy hand ontvang en moes ook ’n klem-in-die-kaak inspuiting kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button