Min beserings na bootongeluk
Min gepla oor die boot op die water het hy aangegaan waarmee hy besig is, maar skielik ’n ander boot, van die teenoorgestelde rigting sien aankom
Alhoewel ’n bootongeluk min beserings nagelaat het, het twee bote in die slag gebly.
Saterdagmiddag, 6 April was ’n ooggetuie doenig met sy visstokke by Wolvekransdam toe hy opkyk en ’n boot gewaar.
Min gepla oor die boot op die water het hy aangegaan waarmee hy besig is, maar skielik ’n ander boot, van die teenoorgestelde rigting sien aankom.
“Ek het gestaan en kyk hoe die twee bote mekaar, byna te laat sien en uitswaai. Ongelukkig het beide bote toe na dieselfde kant uitgeswaai en teen mekaar gebots,” het die ooggetuie vertel.
“Lede van die NSRI (Nasionale Seereddingsinstituut) was blitsvinnig op die toneel. Hoewel een van die insittendes van die een boot uitgeslinger is, het niemand ernstige beserings opgedoen nie.”
