CrimeNews

Kyk die ‘putty’ by jou vensters

Peet graag ander inwoners waarsku om hulle erwe elke oggend en aand te deursoek vir ongewone voorwerpe of items wat rondlê

Deesdae het inbrekers se werktye vanaf nagskof tot dagskof verander na die meeste inwoners terug by die werk is na die inperking.

Op Vrydag, 16 Oktober het ’n inwoner in die Reynorif-area iets baie vreemds opgelet in sy tuin.

“Ek en my vrou is besig om tuin te maak en ek gaan gedurig om die huis om te kyk watter plante weer water kort. Ek het net die oggend in die hoek van ons tuin erdwurms gaan uitgrou om vis te gaan vang en niks verdag in my tuin sien lê nie,” het mnr. Peet Bensons gesê.

Dit was toe die Bensons terugkeer van die viswater af dat Peet ’n voorwerp, wat lyk soos ’n ‘putty’ mes, in die hoek van sy erf sien lê het.

“Ek het juis teruggekom huis toe na die alarmdienste my gebel het omdat die alarm afgegaan het. Toe ek daar kom het hulle my weer gekontak en verseker alles is reg by my huis. Ek het maar eerder self inspeksie gaan doen… jy weet met al die ‘rubbish’ wat hier in ons dorp deesdae gebeur en die arme honde wat so vergiftig word, kan mens nie te versigtig wees nie.”

Peet is van mening dat ’n misdadiger/s die voorwerp wou gebruik om by die huis in te kom of te gebruik as wapen.

“Ek kan nie beskryf hoe skerp die voorwerp is nie, dit is asof dit teen ’n klip geslyp is. Wat my nog meer bekommer het, is die feit dat my venster naaste aan daardie hoek, stukkies ‘putty’ gemis het en dis toe ek besef die booswigte was wel in my erf,” het hy kwaad gesê.

Alhoewel die Bensons gelukkig was om ’n rooftog of inbraak te vermy, wil Peet graag ander inwoners waarsku om hulle erwe elke oggend en aand te deursoek vir ongewone voorwerpe of items wat rondlê.

“Ek weet nie waarmee booswigte nog gaan uitkom nie, maar ons moet hulle altyd een voor wees,” het Peet ten slotte gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Back to top button