Crusaders Motorfietsklub groet lid wat dood is nadat hy van krans afspring
Sy liggaam is Sondag 31 Januarie gevind nadat verskeie rolspelers na hom help soek het

Die Crusaders Motorfietsklub het ’n video ter afskeid en nagedagtenis vir een van hulle lede wat die naweek dood is, gemaak.
Mnr. Nantes de Lange (33) is Saterdag 30 Januarie in ’n fratsongeluk dood toe hy van ’n krans in die Bronkhorstspruit omgewing in ’n poel water ingespring en nie weer opgekom het nie.
De Lange was saam met vriende by ’n verjaarsdagpartytjie toe hulle besluit het om vir die pret van die krans af te spring.
Sy liggaam is Sondag 31 Januarie gevind nadat verskeie rolspelers na hom help soek het.
De Lange het ’n passie vir rugby en motorfietse gehad.
Lees meer in dié week se uitgawe van WITBANK NUUS.
Bekende rugbyspeler sterf in fratsongeluk
Sê jou sê
Volg ons op Facebook: https://www.facebook.com/witbanknews
Deel jou nuuswenke met ons op WhatsApp: 060 866 8682
Instagram WitbankNews001
Twitter @WitbankN
