Skoene vir Karoo-mense
Chris,’n plaaslike inwoner, het die Daybreak Community Projects begin om na behoeftiges regoor die land uit te reik
Daardie paar ou skoene wat nog ’n paar kilometers oor het en jy nie meer dra nie of daardie paar wat jy gekoop het en nooit gedra het nie en net spasie opneem in die kas, kan ’n verskil in iemand se lewe maak.
Dink net as jy kaalvoet op die warm Karoo-sand moes loop – dít is ’n realiteit vir baie inwoners van die byna vergete dorpie Van Wyksvlei in die Noord-Kaap.
Hiér in die dorsland is skoene ’n luukse, daarom word daar binnekort ’n uitreik gedoen na die baie behoeftige mense wat daar woon om vir hulle ’n paar basiese benodighede te vat.
“Klere is altyd nodig, maar veral skoene is wat die meeste wat daar woon voor vra,” het mnr. Chris Knoetze gesê.
Chris,’n plaaslike inwoner, het die Daybreak Community Projects begin om na behoeftiges regoor die land uit te reik.
Skenkings van skoene in enige grootte vir mans, vrouens en kinders sal verwelkom word.
Die skoene kan by WITBANK NUUS se kantoor in Lanastraat, Modelpark, afgegee word.
Chris beplan om die goedere einde Maart, begin April in Van Wyksvlei te gaan versprei.
Vir enige verdere navrae, kan u gerus vir Chris skakel by 082 610 5085.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
