Verskeie atlete van die Hoër Tegniese Skool het die afgelope naweek by die CGA ope atletiekbyeenkoms te Boksburg Stadion deelgeneem en die bloues se naam hoog gehou.
Logan Nienaber in gr. 9 het haar staal gewys en behaal ʼn tweede plek in gewigstoot met ʼn skitterende afstand van 12.03 meter.

Sy het ook ongelooflik goed gevaar in die diskusgooi vir o.15-dogters en behaal ʼn tweede plek met ʼn afstand van 39.28 meter.
Topatleet, Danette Swiegers het ook besonder goed gevaar in gewigstoot en diskusgooi vir dogters o.17. JJ Viljoen in gr. 10 se harde werk het ook vrugte afgewerp met ʼn vierde plek in diskusgooi vir seuns o.17 met ʼn afstand van 43.75 meter.

Al drie hierdie ster-atlete het in 2020 vir die SA-kampioenskappe gekwalifiseer.
HTS Witbank is ongelooflik trots op elke atleet se prestasie en glo en vertrou dat hulle in 2021 selfs hoër hoogtes sal bereik.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
