Local newsNews

Diewe het die ‘wiel’ aan die rol terwyl inwoners moet ‘klippe’ kou na skade

Die nuutste modus operandi het nou begin kop wys met die steel van voertuigbande

Nog ’n jaar beteken nog seisoene, seisoene van verskeie misdaad soos diewe van een na die ander misdaad modus operandi beweeg.

Alhoewel WITBANK NUUS keer op keer berig lewer oor dié soort misdaad, gebeur dit steeds in eMalahleni, maar neem deesdae met ’n reuse spoed toe.

Die nuutste modus operandi het nou begin kop wys met die steel van voertuigbande.

Op 22 Maart het nog ’n inwoner hom na die sosiale platform gewend oor die voorval waar al vier wiele van hul Toyota oornag gesteel is.

Die boewe het so ewe die plaveisel uitgekap om die voertuig mee te stut.

“Almal, wees asb. Waaksaam, want die booswigte is weer doenig in die Ben Fleur en Reynorif area deesdae. Die voorval moes in die vroeë ure gebeur het, ek sou sê so hier by 03:00,” het die inwoner op sosiale media gewaarsku.

Na die waarskuwing geplaas is, het vorige slagoffers na vore gekom en hul stories ook gedeel.

“Hierdie einste voorval het met ons gebeur en lyk my die boewe raak net meer gemaklik. Wat my bekommer is dat hulle verby ’n elektriese hekmotor gekom het, verby die elektriese heinings en my honde,” was een van die inwoners se kommentaar.

Ander se mening was dat hierdie boewe dalk die verdagtes is wat in die area rondloop en honde vergiftig voor hulle toesak.

Een slagoffer het vertel dat haar honde eers uitgewis is deur middel van gif en enkele dae na die voorval het sy afgekom op haar man se voertuig wat op bakstene staan, die wiele skoonveld.


Die boewe het so ewe die plaveisel uitgekap om die voertuig mee te stut

 

 

 

 

 

 

Die kommunikasiebeampte van Witbank Polisiestasie, kapt. Eddie Hall het aan WITBANK NUUS gesê dat die meeste gevalle van dié soort misdaad, dié is van bakkies.  

“Wat ons ook gevind het, is dat die verdagtes gewoonlik middernag en vroeë oggendure toesak. Ons vermoed dat daar ’n mark vir die tipe bandvellings (rims) en bande is, dis hoekom die misdaad toeneem. Ons raai die gemeenskap aan om nie voertuigbande op straat te koop nie, want dit kan gesteelde eiendom wees wat jou in die sop kan laat beland,” het Hall gesê.

Voertuigeienaars word aangeraai om seker te maak hul voertuie word op ’n plek parkeer waar dit nie maklik gesien kan word nie.

“As jy regtig nie jou voertuig in ’n motorhuis kan parkeer nie, probeer dan om hom in jou agterplaas te bêre,” het hy ten slotte gesê.

Deel jou nuuswenke met ons via:

Telefoon: 013 656 2490

WhatsApp: 060 866 8682

Epos: wtbnews@mweb.co.za

Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:

Instagram

Twitter

Witbank News toep

Facebook page

Witbank News Breaking  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Witbank News in Google News and Top Stories.

Check Also
Close
Back to top button