Ds. Marius Nel hardloop vir liefdadigheid
Ds. Marius Nel hardloop die hele maan van April om geld te skenk vir liefdadigheid.
Marius Nel, ’n dominee by die Nederduitse Gereformeerde Kerk, Klipfontein – Basileia-gemeente hardloop vir ’n liefdadigheidsprojek saam met die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) Witbank.
Ds. Marius gaan die hele maand van April hardloop ter ondersteuning vir die CMR om fondse in te samel.
Ds. Marius beplan om elke tweede dag ten minste 10 km te hardloop en dan vir die gemeente te vra om hom daarvoor te borg.
Na elke hardloopsessie word inligting deurgestuur van hoeveel hy daardie dag gehardloop het; dit word dan gedeel op WhatsApp-groepe in die gemeente.
Die idee is dat mense hom teen die einde van April vir die aantal kilometers wat ds. Marius vir die maand gehardloop het, sal kan borg.
Daar is ’n ‘Back a Buddy’-rekening geskep waarin hierdie borggeld direk betaal kan word.
Die wat voel hulle wil nou al die projek ondersteun, kan nou reeds ’n eenmalige bedrag borg as hulle wou of wag tot die einde van die maand om te sien hoe ver ds. Marius gehardloop het en dit dan teen ’n bedrag van hulle keuse borg.
Ds. Marius sê: “Die maatskaplike werkers en die res van die span in die kantoor doen elke jaar baie moeite met funksies wat hulle reël om fondse in te samel. Die inperkings wat saam met Covid-19 gekom het, het hierdie geleenthede radikaal beïnvloed. Dit is hier waar ek besluit het ek kan inspring en probeer om ’n verskil te maak. Die hardloop en fondsinsameling het by my ʼn idee geword en saam met Bernard Badenhorst het hierdie idee vlerke gekry en ’n realiteit geword.”
Oefen en hardloop is nog altyd deel van ds. Marius se lewe. Op skool het hy die 100m, 200m en 400m gehardloop.
Na skool het hy aan padwedlope begin deelneem en hardloop tot vandag steeds.
Ds. Marius het al ’n paar Comrades Marathons ook gehardloop en beplan om nog iewers een te doen.
Hy sê: “Oefen is my alleentyd en daar kan ek droom sonder dat iemand weet wat ek droom. Dit is sommer verder lekker om vir die mense wat ek ken te bid soos ek by hulle huise verbygaan.”
Maatskaplike werkers en die CMR is daar om in mense se sosiale en maatskaplike behoeftes ʼn verskil te moet maak.
As jy voel jy wil ds. Marius en die CMR help om die verskil te maak, kan jy ’n bydrae maak by die volgende webtuiste https://www.backabuddy.co.za/rwfl-witbank en vir meer informasie WhatsApp na 082 412 7339.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
