
Met sommige areas in eMalahleni wat al meer as ‘n week waterloos is, begin wasgoed en skottelgoed ophoop.
Inwoners se geduld hardloop in meeste huishoudings uit terwyl hul moedeloos wag vir terugvoer van die munisipaliteit.
Die reservoirvlakke se kapasiteit lesings was op 24 April volgens die munisipaliteit se kommunikasie eenheid as volg:
Punt A hoog = Geen lesing nie
Punt A 20ml = Geen lesing nie
Punt A 11.4ml = 10%
Punt B hoog = Geen lesing nie
Punt B 20ml = 30% Punt B-C = 20%
Punt C hoog = Geen lesing nie
Punt C laag = 15%
Punt D = 20%
Die munisipaliteit het bygevoeg, “ons is bewus is van die heersende ernstige situasie van ‘n watertekort, die pandemie en die gepaardgaande gesondheidsgevaar lê ‘n beroep op alle verbruikers om water spaarsamig te gebruik.”
Hou die WITBANK NUUS blad dop vir enige verwikkelinge.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:
