Spelers is uitgehonger vir lekker rugby
Die Hoër Tegniese Skool is reg om die rugbyseisoen af te skop.

Die Hoër Tegniese Skool (HTS) is lus vir rugby.
Hulle het op 8 Mei teen Hoërskool Brandwag kragte gemeet en drie van die vier wedstryde hul eie gemaak.
Hierdie was ’n jaarlikse vriendskaplike kragmeting tussen die twee skole.
Brandwag se o.14-A span het die eerste wedstryd skoonskip gewen. Die telling was 31-0.
Daarna het die dag aan HTS behoort.
Die o.15-A span het hul opponente 31-5 pakslae gegee en die o.16-A span het met 18-12 koning gekraai.
Die eerstespan se wedstryd kan as naelkou beskryf word.
In die eerste helfte het dit gelyk of Brandwag dalk net die sterker span op die veld was. Hulle het letterlik op HTS se doellyn uitgekamp. Die bordjies is egter in die tweede helfte verhang toe HTS meer doelgerig op die veld gedraf het.
HTS het die wedstryd 22-13 gewen.
“Ons is reg vir die seisoen. Hier kom nog lekker rugby die volgende paar weke,” het mnr. Vicky Menegaz van HTS gesê.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telephone: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Email: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms:















































































