Witbank maak amok teen Highlanders
Witbank Rugbyklub se volgende wedstryde vind plaas Saterdag, 19 Junie in Middelburg
Witbank Rugbyklub het gaan kuier in Newcastle waar hulle die rugbydag baie moeilik gemaak het vir Highlanders Rugbyklub.
Saterdag, 5 Junie het die bal reg gehop vir Witbank Rugbyklub, die tweede span het ’n oortuigende telling opgesit.
Hulle het die wedstryd gewen 39-17 na ’n stadige eerste helfte.
Afrigter van die tweede span, Rudo Marx sê: “Die eerste helfte het die span gesukkel om gefokus te bly. In die tweede helfte het die span rustig geraak en hulle strukture gevolg wat veroorsaak het dat die nodige punte aangeteken word.”
Die man van die wedstryd was Robert Dames.

Die eerste rugbyspan het ook gewys wat hulle kan doen met die bal in die hand en het ’n goeie algehele wedstryd gespeel.
Hulle het die Highlanders moeg gehardloop en was oorheersend met hulle duikslae.
Die eindtelling van die eerstes se opwindende hardlooprugby-wedstryd was 45-29. Witbank Rugbyklub se volgende wedstryde vind plaas Saterdag, 19 Junie in Middelburg.
