
Die 14-jarige Karla Allers is gevind.
Karla wat vroeër as vermis aangemeld is, is omstreeks 18:15 op die ou-Middelburgpad gekry.
Sy is na ’n grootskaalse soektoeg deur die buurtwagte van Jackaroopark, Blanchville, Modelpark, Hoëveldpark en South African Community Crime Watch (SACCW) gevind.
’n Man wat by ’n nabygeleë skrootwerf werk, mnr. Sakkie Rossouw, het gesê hy het die jong meisie langs die pad gesien loop.
“Twee seuns het verby haar geloop en ek dink sy het bang geword. Sy het oor die pad gestap gekom en my geroep. Sy het my gevra waar Gauteng is. Toe vra sy my waar Limpopo is,” het Rossouw gesê.
Hy het dadelik bekommerd geraak en die meisie probeer oorreed om saam met hom terug skrootwerf toe te gaan om met sy baas te gaan praat.
“Jong meisies moet nie alleen op die pad wees nie. Hulle kan verkrag en vermoor word. Môre lees ek op WITBANK NUUS se voorblad van die meisie.”
Rossouw het gesê hy het nog met haar gepraat toe die een voertuig na die ander om hulle intrek.
Dit was die buurtwag en ’n baie verligte me. Ria Allers wat reeds van 16:00 na Karla gesoek het.
“Die oomblik toe ons die noodroep stuur het almal om ons kom help soek.’n Spesiale dank word aan me. Annamarie Bouwer van SACCW gerig want sy het alles en almal van haar foon af beheer, ” het mnr. Sakkie Coertzen van SACCW gesê.
Hy bedank almal wat met die soektog gehelp het.
Deel jou nuuswenke met ons via:
Telefoon: 013 656 2490
WhatsApp: 060 866 8682
Epos: wtbnews@mweb.co.za
Of volg ons op WITBANK NUUS se sosiale platforms: